Friday, March 16, 2007

'n vinnige kuiertjie

Die weer speel 'n snaakse speletjie met ons. Dis yskoud en verlede week het dit in dele van Korea gesneeu nadat dit die week voor dit lekker warm was!!! Die Koreane se^ winter is jaloers op die lente so hy neem 'n bietjie wraak - dis glo 'n algemene verskynsel in hierdie geweste of moet ek liewers se^ ge-ooste? Hier en daar is darem al 'n boom vol bloeisels - baie mooi en ek sien baie uit na die lente!!!

So verlede week het ons na Kyungbook universiteit toe gegaan om ons program te gaan bekendstel en dit was 'n sukses gewees!!! ons het so 35 studente gevind wat belangstel. (dit was ook die getal wat ons ingedagte gehad het) So hierdie week sal ons begin met ons byeenkomste by die universteite. Ek sien nogals uit om hulle weer op kampus te ontmoet en om die nuwe studente te leer ken.....

By die taal instituut gaan dit ook goed en ek werk elke dag van 10:00 tot 11:00 in die oggende en dan ook van 18:00 tot 22:00 in die aande. Ons kry so bietjie vir bietjie meer studente - wat 'n goeie ding is en my oggend klas het op die oomblik net een student , Kyung-hee, 'n universiteit student dis 'n conversation klas so ons kan oor baie dinge gesels en dit is ook 'n goeie geleentheid om met haar oor Jesus te gesels......

Verlede Sondag oggend het ek in die kinderkerk geteach en met die kinders gepraat oor die feit dat GOd orals teenwoordig is - en so tussen deur al my stories en verduidelikings, onderbreek een dogtertjie my en vra toe " Gode" is dan daar, want Hy is dan oralster, dit was te oulik om haar gesigsuitdrukking te sien soos sy probeer het om dit alles uit te "figure"....

Met my gaan dit ook goed en ek is nou al lekker ingeburger hier in Korea, dis my gebed dat ek werklik die beste sal maak van my tyd hier en nie geleenthede deur Jesus gebruik te word sal laat verby gaan nie.

No comments: