Saturday, July 29, 2006

Veilig in Korea

wel ek is hier!!! In Korea. Soms voel dit nog 'n bietjie onwerklik, maar ook net soms. ek het 'n goeie vlug gehad, net baie lank en na sowat 20 ure se vlieg en wag op lughawens land ek toe in Seoul en neem toe 'n bus wat 5 ure geneem het om my in Daegu te bring. Dis somer hier in Korea en ek voel dit behoorlik. Dis snik heet warm. En baie bedompig. Se^ ek vir die Koreane ek kom nou van winter af kyk hulle my aan met so 'n uitdrukking wat se^ "Dis koud in afrika". Ek is darem besig om te akklimatiseer.

Ek bly in die Mission Home. dis 'n huis wat aan mission international behoort en waar hulle gaste en werkers soos ek huisves. Dis 'n groot ruim huis (in koreaanse terme) met 4 slaapkamers en 'n lieflike somerstuin. op die oomblik deel ek die huis met pastor Johnny se ma. Sy is 'n ou Koreaanse tannie van 'n rype 84 jaar. Sy kan geen Engels praat nie dus is ek genoodsaak om my koreaans so spoedig moontlik af te stof. Dis eintlik baie snaaks, die manier hoe sy haar oor my ontferm. ek kom toe gisteraand laat (middernag) by die mission home en sy is toe ook wakker en wil sien dat ek my tuis maak. op my bed was twee dik komberse en sy wil toe he^ ek moet my bed daarmee opmaak. Ek probeer nog verduidelik dat ek regtig vreeslik warm kry maar sy wil niks weet nie of my verduideliking in Koreaans was onverstaanbaar. Ek besef toe die weg van die minste weerstand is die beste en maak toe maar soos sy se^. Nodeloos om te se^ slaap ek toe sommer net bo-op alles.

Vanoggend weer as ek nie gekeer het nie, het ek nou al 6 borde rys gee"et. Die arme tannie wil my net met rys voer. Sy vertel my nogals baie gereeld sulke lang stories, maar ek verstaan nog nie so lekker nie. Dit lyk ook nie asof die feit dat ek nie verstaan nie haar nie regtig pla nie, want sy hou net aan met praat. Dalk voel sy dan nie so alleen nie. Ek gaan darem ook nie my hele jaar onder die sorg van die Koreaanse oumatjie deurbring nie, sy gaan net daar bly vir so 10 dae. Sy hunker blykbaar na 'n huis met 'n tuin, so nou kom hou sy "vakansie" in die mission home.
Die Engelse skool waar ek gaan klas gee het nou hulle somersvakansie van 'n volle 4 dae. Ja, ek dink die Koreaane kan maar by ons kom leer van vakansie hou. elkgeval so ek sal dus eers Donderdag by die skool inval, dit gee my darem 'n tydjie om my voete weer te vind en gewoond te raak aan die weer en die kos en die Koreaane. Ek sal ook een of ander tyd binne die volgende maand Japan toe moet gaan om my werkspermit te gaan haal. Gelukkig neem dit net een dag en nie een jaar soos met 'n Angolese werkspermit nie. So wat ek eintlik wou se^ is dat ek veilig hier aangekom het en dat dit goed gaan met my - ek het 'n oumatje wat seker maak dat ek nie 'n tekort aan rys of komberse het nie - en ook geselskap, al verstaan ek nie veel nie. Julle kan vir my bid dat ek vinnig sal aanpas veral met die hitte en "humidity", ook dat ek my plekkie in Mission International sal vind waar ek kan leef en werk en 'n verskil kan maak.