Friday, March 9, 2007

Lente in Korea

So die lente is stadig maar seker besig om nader te kom, met dae wat heerlik is, net vroeg oggend en in die aande is dit nog bietjie koud. Ek is baie bly en mens kan sommer 'n ander gemoed by almal aanvoel... my tuin begin ook so bietjie vir bietjie ontwaak....

So met die nuwe seisoen in die natuur het daar ook nou weer 'n nuwe seisoen in my lewe hier in Korea aangebreek. Die nuwe akademiese jaar het verlede Vrydag begin, so dit beteken dat ons kampus uitreike ook nou weer gaan begin. Die komende week, Maandag, Dinsdag en Vrydag gaan ons bietjie werwing doen by Kyungbook National University. Die 5 minute voor 'n klas begin sal ons spannetjie ook gou ingaan en dan vinnig met die studete gesels oor ons program, hulle 'n pamfletjie gee wat hulle kan invul as hulle sou belangstel. Ons sal na die eerste jaartjies se klasse toe gaan en dis ons gebed dat die Here die wie se harte Hy voorberei het na ons byeenkomste toe sal bring....

Dan het ons English Institute se program ook bietjie verander. Ons het nou ons eie studie materiaal geskryf, met 'n ander invalshoek as ander engelse institute. Ons het ook 'n paar nuwe studente bygekry, maar ons het nog plek vir baie meer. Meeste van ons laerskool en hoe"rskool studente woon ook ons kinder en jeugdienste by op Sondae oggende al is omtrend die helfte van hulle nie-Christene nie. My skedule het dan ook verander en ek teach dan Maandae, Dinsdae, Donderdae en Vrydae van 18:00 tot 22:00. Woensdae sal ek nie by die institut teach nie maar ek sal na Kyungbook universiteit toe gaan vir ons program daar. Ek sal ook na 'n ander universiteit, heel moontlik Keimyung toe gaan vir nog 'n byeenkoms met die studente, dis nog nie gefinaliseer nie maar ek vermoed dit sal op Dinsdae wees. Saterdae gaan ek nogsteeds na Daejeon ('n ander stad) toe vir die Coffee House program daar. So op die oomblik lyk dit asof my skedule my bietjie meer vryetyd sal gee en ek is baie dankbaar daarvoor.

Wat my pa aanbetref dink ek, ek sluit 'n stukkie in wat my ma geskryf het - sy sal dit die beste kan verduidelik...
Wat Pa betref, hy is baie beter so beter dat die dokter se^ dis verbasend dat hy so gou herstel het. Wat die Wits Prof betref (hy het 'n afspraak by 'n Prof van Wits die 28ste Maart) , hy gaan nog soontoe want dr Visser se die virus wat Pa het is net so moeilik om uit te roei as wat n vigs virus is en die behandelig is ook dieselfde as vir vigs. Hy het n virus telling van oor die 1000 gehad en dit is nou af na 200, Hy (dr Visser) se^ die sleg van die storie is dat die siekte weer en weer kan terugkon en vir iemand wat nog n diabeet ook is is dit nog slegter.Ek glo dat die Here hom gesond gemaak het en dat verdere bekommernis onnodig is. Nog iets is dat sy suiker nog nooit so onder beheer was as juis nou nie. en hy eet nie eers vreeslik gesond wat die suiker betref nie .Prys Die HERE .

So ek wil julle almal wat vir hom gebid het dankie se^ want die Here is getrou en hy is werklik besig om in Pa se lewe te werk. Die behandeling wat die Prof van Wits sal gee, het blykbaar baie newe effekte, so julle dit ook ingedagte hou wanneer julle vir hom bid.

Pastor Johnny en sy vrou gaan volgende Woensdag Duitsland toe, en hy sal na 3 weke weer terug kom ,maar sy vrou eers in Junie. So met Pastor Johnny wat weg is, sal Victor, 'n Kanadese professor die eredienste in die oggende waarneem en tussen die res van die personeel van die kerk sal ons die aandienste waarneem.

So dit is in kort wat aan die gebeur is aan hierdie kant van die wereld. Baie dankie vir julle gebede en ondersteuning.

No comments: