Saturday, August 26, 2006

Wettig in Korea

Ek het nou uiteindelik my teaching visa vir Korea en dus is ek nou amptelik 'n wettige "alien", ek moet nou nog net aansoek doen vir my ID kaartjie, maar dit kan ek sommer hier in die stad doen. So alles het toe goed afgeloop met die "visa run" geen ambessade het my enige probleme gegee nie en beide die Japanese en die Koreaanse amptenare was vriendelik en baie effektief. Die enigste faktor wat ek buit my beplanning gelaat het was die weer voorspelling en dus het ek nie geweet van die tifoon wat oppad was nie. Ook moet ek noem dat 'n Engelse weervoorspelling met sulke waarskuwings nie maklik te vinde is nie. So my beplande 2dae en 1 nag besoek aan Fukuoka het toe gee"indig in 'n 4 dae en 3 nagte besoek. Met die ferries wat vir twee dae gekanselleer was het die hotelle ook blits vinnig vol geraak en het ek 'n paar ander foreigners ontmoet wat nie plek kon kry nie. Gelukkig het ek maklik 'n plekkie kon kry......

Japan is 'n baie skoon land en die mense baie vriendelik, al is hulle soms skaam om Engels te praat. Ek het tydens my kort besoek darem kon leer om te groet en om dankie te se^(moet my nou net nie die spelling vra nie). Wat my ook baie gehelp het is dat baie busse ook in Koreaans gemerk was so al kon ek nie Japanees lees nie kon ek myself darem help met die Koreaans. Die busse werk ook anders as hier in Korea en moes ek dit ook eers uitgefigure het. Die busdrywer gee nie kleingeld soos hier in Korea nie, maar daar is 'n masjien wat jou papiergeld kan opbreek in kleiner munte. So ek maak toe my geld klein en toe dink ek dat ek sommer betaal het ook en toe net my kleingeld gevat het en toe is ek die bus uit..... tot my verleentheid roep die busbestuurder my toe terug en beduie dat ek eintlik nog nie betaal het nie, en dat ek die geld in 'n ander boks moet gooi. Gelukkig was hy baie geduldig met my.......

Een ding wat die tifoon wel reggekry het en waarvoor ek baie dankbaar is, is die feit dat dit nou baie koeler is en baie meer leefbaar. Dit maak darem 'n baie groot verskil. Herfs is aan die kom en ek sien voorwaar baie daarna uit .... die matige temperature.

Terug by die kerk was almal baie bly om my weer te sien. Ek dink hulle het dalk gedink ek was heeltemal gestrand en het erg deurgeloop onder die tifoon, maar eintlik was ek doodgelukkig met 'n lekker lees boek in die hotel. Dit was darem 'n aangename gevoel om so hartlik terug verwelkom te kon word.

So nou is ek terug en lekker uitgerus en reg vir my vol skedule. Hierdie is die laaste week van die somer vakansie en een universiteit het alreeds begin. So van volgende week af gaan ek na die onderskeie kampusse toe gaan en dan daar die Engelse studies aanbied. Daar is nog 3 dae van die Intensive English Course oor hier by die kerk. Ek het julle mos al vertel van Yun-Kyu wat in een van my studie groepe is en wat se^ hy is nie 'n Christen nie, wel vandag het ons les gegaan oor die hemel en dat ons lewe hier op aarde eintlik maar net tydelik is. Op een stadium het hy toe in sy gebroke Engels gese^ dat "I believe that it's true and I'm now trying to approach God" Wonderlik ne!!!! Ek vra dat julle sal aanhou bid vir hom, want hy is op die randjie van die ewige lewe......Ek voel sterk dat ek nie nou met hom moet praat nie, maar eerder net baie bid en kyk hoe die Heer Homself aan Yun-Kyu gaan openbaar. Ek sal julle op hoogte hou.

Met die tifoon wat my bietjie terug gehou het in Japan was ek dan ook nie Sondag oggend hier vir die tienerkerk nie, maar sal dalk volgende week weer by hulle kan uitkom. Dit is regtig so 'n groot seen om te sien hoe hulle al in die afgelope 2 jaar kon groei en ek sien regtig daarna uit om weer deel van hulle familie ook te word.\n\nOok het ek my afspraak in Daejeon ('n ander stad gemis) a.g.v die tifoon, maar sal volgende naweek ook weer die leisels daar optel.

No comments: