Monday, August 7, 2006

Korea: aanpassings en wat nog

Groete vanuit 'n baie warm Daegu. Ek moet se^ ek is die warm weer darem nou al 'n bietjie meer gewoond, maar dit bly darem nog baie warm en bedompig. Dit gaan goed en ek is nogals besig met soveel baie dingetjies maar dis goed want aan die eenkant is die verandering baie goed, maar aan die anderkant kan ek sien hoe dit my oor die lange duur baie moeg kan maak.

Dis nou somer vakansie hier so dit beteken dat die universiteite gesluit het, maar dit beteken nie dat ons kampus bedieninge ook gesluit het nie. Daar is nou 'n Intensive English Course wat ons by die kerk aanbied en die studente kom dus hierheen om Engels te leer. Ek gee die conversation klas vir die advanced studente. Ek dink ek het nou weer my teaching momentum gevang en dinge gaan goed. Ek kan julle dalk van my heel eerste klas vertel. Ons het opgebreek in kleiner groepe (ek het twee Koreaanse assistente wat my help) en toe ons so rondom die tafel sit het die outjie wat lang my gesit het, my die hele tyd net so aangestaar. Hy het nie 'n woord geuiter nie, net na my bly kyk. Aanvanklik het ek dit eers gei"gnoreer, want dit was immer my eerste keer daar en ek was vreemd en hulle seker ook. Later het die res van die groep dit ook begin agterkom. Na 'n rukkie het een meisie toe die bul by die hroings gepak en hom gevra wat nou eintlik sy probleem is. Toe was daar so 'n ongemaklike stilte (terwyl hy aanhou om te staar) toe kom die vraag.....van sy kant af........."wat is nou eintlik die kleur van jou oe?" Toe was die ys gebreek en ons het lekker gelag en almal het diep in my oe" kom kyk en toe verander ons onderwerp van bespreking toe sommer ook na die kleure van westerse mense se oe".

Ek het ook in die middae twee studiegroepe met van die studente wat gei"dentifiseer is as potensie"le leiers van hulle onderskeie kampusse. Die doel van die groepe is om die studente ekstra aandag aan hulle Engels te gee en tweedens ook om met hulle bietjie dissipelskap opleiding te doen. Meeste van die studente is maar nog baie jong Christene (minder as 'n jaar) en een outjie is nog nie 'n Christen nie, maar ek kan so in my gees voel dis nog net 'n kwessie van tyd. Julle kan gerus vir hom bid Kyul-geun is sy naam.

In die aande dan teach ek by die Engelse skool, formele Engelse klasse, op die meeste sover vir 3 ure op 'n keer. Die studente is op die oomblik op 'n somer kamp iewers in die berge. Ek het eers gedag dit gaan 'n gekampery in tente en sulke dinge wees maar hulle bly nou almal in 'n luukse hotel. So i.p.v die intensive course in die oggende gaan help ek by die kamp. Die kamp se doel is om die studente in 'n heeltemal Engelse omgewing te plaas (hulle mag net Engels praat) maar dan is ons immers ook sendelinge so Pastor Johhny Chun gaan 'n paar lesings aanbied en in die oggende het hulle 'n paar oordenkings (devotions) wat deur van die Christen studente leiers gelei word. Ek gaan ook nou op Saterdae (en as die universiteite begin Vrydae + Saterdae) na Daejeon toe gaan. Dis 'n stad tussen Daegu en Seoul so omtrend 200km van hier af. Mission International het daar ook 'n tak wat nog besig is om te ontwikkel. Dit lyk asof ek in die toekoms op Saterdae 'n "Devotion" moet gaan aanbied met vrae wat die studente kan bespreek en op Vrydae sal ek 3 kampus besoeke he^. Gelukkig is die KTX trein (bullet train) nou al in werking en kan ek daar kom in 47min. Sondae is ook 'n besige dag waar ek om die beurt by of die kinderkerk of die tienerkerk gaan preek en na die kerkdiens 'n Bybelstudie gaan aanbied. Daar is 'n Amerikaase soldaat, Gary, wat dit op die oomblik doen en ek moet se^ ek het verlede Sondag baie by hom geleer. Dit sal dalk goed wees as hy kan aangaan, maar ons sal maar sien hoe dinge werk. Met my en die oumatjie in die huis gaan dit ook nog OK. Ek verstaan haar handgebare al bietjie meer en soms kry ek dit reg om myself uit 'n bak rys uit te wurm. Ek weet sy bedoel dit net goed en sy is besorgd oor my, maar as ek nie plan maak nie dan gaan ek noooit ooit weer in my lewe rys wil sien nie. Sy is baie spaarsamig (kom seker nog van die Koreaanse oorlog dae af) so sy raas met my as ek die aircon, telefoon en gyeser gebruik, maar op 'n manier kom ons ook daardeur. Ek is nie doodseker tot wanneer sy nog in die Mission Home gaan bly nie, maar ek hoop aan die eenkant sy gaan gou weer terug na haar oudste seun toe. Ek dink sy dink ek is baie alleen (want sy sien my net as ek alleen by die huis kom) en anderdag hy sy na my kamer toe gekom en langs my op die bed kom sit en vir my 'n liedjie gesing, wat dit beteken het kan ek ongelukkig nie se^ nie maar die gebaar was baie spesiaal.

In die aande dan teach ek by die Engelse skool, formele Engelse klasse, op die meeste sover vir 3 ure op 'n keer.

Die studente is op die oomblik op 'n somer kamp iewers in die berge. Ek het eers gedag dit gaan 'n gekampery in tente en sulke dinge wees maar hulle bly nou almal in 'n luukse hotel. So i.p.v die intensive course in die oggende gaan help ek by die kamp. Die kamp se doel is om die studente in 'n heeltemal Engelse omgewing te plaas (hulle mag net Engels praat) maar dan is ons immers ook sendelinge so Pastor Johhny Chun gaan 'n paar lesings aanbied en in die oggende het hulle 'n paar oordenkings (devotions) wat deur van die Christen studente leiers gelei word.

Ek gaan ook nou op Saterdae (en as die universiteite begin Vrydae + Saterdae) na Daejeon toe gaan. Dis 'n stad tussen Daegu en Seoul so omtrend 200km van hier af. Mission International het daar ook 'n tak wat nog besig is om te ontwikkel. Dit lyk asof ek in die toekoms op Saterdae 'n "Devotion" moet gaan aanbied met vrae wat die studente kan bespreek en op Vrydae sal ek 3 kampus besoeke he^. Gelukkig is die KTX trein (bullet train) nou al in werking en kan ek daar kom in 47min.

Sondae is ook 'n besige dag waar ek om die beurt by of die kinderkerk of die tienerkerk gaan preek en na die kerkdiens 'n Bybelstudie gaan aanbied. Daar is 'n Amerikaase soldaat, Gary, wat dit op die oomblik doen en ek moet se^ ek het verlede Sondag baie by hom geleer. Dit sal dalk goed wees as hy kan aangaan, maar ons sal maar sien hoe dinge werk.

Met my en die oumatjie in die huis gaan dit ook nog OK. Ek verstaan haar handgebare al bietjie meer en soms kry ek dit reg om myself uit 'n bak rys uit te wurm. Ek weet sy bedoel dit net goed en sy is besorgd oor my, maar as ek nie plan maak nie dan gaan ek noooit ooit weer in my lewe rys wil sien nie. Sy is baie spaarsamig (kom seker nog van die Koreaanse oorlog dae af) so sy raas met my as ek die aircon, telefoon en gyeser gebruik, maar op 'n manier kom ons ook daardeur. Ek is nie doodseker tot wanneer sy nog in die Mission Home gaan bly nie, maar ek hoop aan die eenkant sy gaan gou weer terug na haar oudste seun toe. Ek dink sy dink ek is baie alleen (want sy sien my net as ek alleen by die huis kom) en anderdag hy sy na my kamer toe gekom en langs my op die bed kom sit en vir my 'n liedjie gesing, wat dit beteken het kan ek ongelukkig nie se^ nie maar die gebaar was baie spesiaal.

Wat my werkspermit vir Korea aanbetref, het ons nie geweet dat ek ook 'n geseelde koevert van die universiteit met my akademiese rekords nodig het nie, so my ma het dit vir my geDHL en ons het dit nou. So more gaan ons dit alles na die immigration kantoor toe vat en dan vir 'n week wag en dan heel moontlik sal ek volgende week iewers Japan toe moet gaan sodat hulle die werkspermit in my paspoort kan instempel (volgens Koreaanse wette kan ek dit nie hier in Korea kry nie). Wat my werkspermit vir Angola aanbetref het ek die naweek van die basis leiers in Huambo gehoor het hulle op die oomblik by hul huis in Brasilie en het evra ek moet net aan 'n tak hang tot hulle terug is in Huambo en dan sal hulle dit vir my laat kry. Ek is nie dood seker nie maar ek vermoed dit sal in September wees.

No comments: