Monday, April 9, 2007

Cherry blossom Festival

So Saterdag oggend dou voor dag is ek op en maak reg vir die Cherry Blossom Festival, einlik nie juis veel nodig gehad nie, net my kamera in my sak geprop, twee appels uit die yskas gegryp en gehol om betyds te wees vir die 7:05 trein. Op die trein het ek langs 'n middeljarige Koreaanse tannie gesit. Sy het 'n pakkie vol pilletjies uit haar handsak gehaal en dit met eenslag alles gedrink en toe net geslaap, so toe was ek in my eie wereld vir die 2 ure se trein rit oppad na Jinhae. Wel ek het nie juis lank kans gehad om te dink oor allerande dinge nie, toe bel Erika my en vra baie bekommerd "Adri are you OK?" Ek was op daardie stadium meer bekommerd oor haar, want sy het erg benoud geklink. Nee, se^ sy toe, Daegu is in die middel van 'n verwoestende hael storm en dis net bliksemstrale en donderweer tesame met 'n sterk wind en groot hael korrels... en sy wou weet of ek darem OK is.

Wel ek was, want ek was in die snoesige trein met net 'n fyn reentjie wat buitekant geval het. Vir die res van die tyd het ek ook 'n uiltjie geknip en toe ek weer wakker word was ek in 'n ander wereld. Feetjieland! Daar was net cherry blossoms oralster rondom ons. Weerskante die trein spoor het twee lang ry bome gestaan in volle blom, die berg langs ons was in ligte pienk geklee van al die duisende bome met miljoene blommetjies.....

Na twee ure op die trein het ons by lieflike Jinhae aangekom. Soos ek van die trein afgeklim het moes ek vinnig spring om 'n TV span te ontduik wat onderhoude gevoer het met my mede passasiers wat ook pas van die trein af geklim het. Dit was 'n klein stasietjie en die geboutjie was klein met net 'n klein kantoortjie met 'n handjievol Koreaanse oompies wat al die treine beheer. So toe dag ek daar behoort darem seker 'n tourist information kantoortjie ook te wees waar ek genoeg inligting kan kry oor die fees. Maar nee - geen inligting te vinde nie. Ek stap toe terug na die klein stasietjie toe om te kyk of een van die ooms my dalk kan help. Daar aangekom was daar klaar 'n ander vroutjie besig om in gebroke Koreaans gemeng met Engles vir hulle vir inligting te vra. Siende dat ek dieselfde inligting wou he^ het ek myself toe sommer oorgenooi en by haar aangesluit. Nie lank nie toe het hulle ons in hul kantoortjie ingenooi, maar soos mens seker kan verwag kon nie een van hulle werklik Engels praat nie. Een het darem probeer om iemand anders te bel wat ons miskien sou kon help en toe op daardie oomblik in perfekte Engels vra iemand of sy ons kan help!! Me Choi was soos 'n engel wat gestuur om ons te kom help.

Intussen kon ek myself darem voorstel aan my nuutgevonde reisgenoot, Isabella van Frankryk, wat vir die Franse ambessade in Seoul werk. Me Choi se pa is 'n inwonder van Jinhae en sy nooi ons toe saam met hulle, want se^ sy haar pa sal een van die beste toergidse nog kan wees..... nou ja hoe kan mens so 'n aanbod van die hand wys? Ons ontmoet toe ook vir Mev Lee wat saam met Me Choi gekom het en nie lank daarna nie is ons almal toe in Mr Choi se kar en ry hy ons rond. Dit was so 'n groot seen want op daardie oomblik het dit nog gereen, en nou ja, in my haas die oggend het ek my sambreel by die huis vergeet. Daar is 'n groot "navy base" in Jinhae en net vir die fees was dit oopgestel vir die publiek. Bome in volle blom en talle seemanne in uniform - beter kombinasie is nie sommer te vinde nie.

Mr Choi stop toe by 'n monument wat opgerig is vir die soldate wat in die Koreaanse oorlog geveg het en met 'n baie groot trots wys hy toe vir ons waar sy naam in die marmer muur ingegraveer is. Van al die name op die muur is daar nog net 'n handjievol wat die voorreg het om self sy naam te kan uitwys. Daar was iets besonders aan daardie oomblik toe die soldaat - nou versteek agter baie plooie en 'n krom rug sy naam vir ons uitwys, maar terselfde tyd ook sy trotse dog effe bedroefte skrefie ogies oor die ander name laat gly. 'n Spontane oomblik van stilte...

By die stadsaal stop ons toe weer, die keer om 'n draaitjie te gaan loop en om 'n happie te geniet by een van die straat stalletjies. Die reen het intussen opgehou. Me Choi het toe vir Isabella gehelp om by 'n hotel in te boek, want sy sou die aand oorbly en ek het begin planne maak om vir Amy, Hyun-sook en Eun-kyung te ontmoet. Mr Choi het my weer voor die trein stasie gaan aflaai waar Eun-kyung vir my gewag het. (Hulle het later die dag met Hyun-sook se kar gekom

Die res van die middag het ek saam met hulle deur al die feestelikhede gewandel, foto's geneem, grappies gemaak en net die dag, die atmosfeer, die blomme en die vriendskap geniet. Dit was terdee 'n dag om te onthou en om voor dankbaar te wees. Aan die einde van die dag staan ek verstom oor hoe alles perfek beplan was en geen van die planne was my idee nie! Amazing is dit nie?

Intussen kon ek myself darem voorstel aan my nuutgevonde reisgenoot, Isabella van Frankryk, wat vir die Franse ambessade in Seoul werk. Me Choi se pa is 'n inwonder van Jinhae en sy nooi ons toe saam met hulle, want se^ sy haar pa sal een van die beste toergidse nog kan wees..... nou ja hoe kan mens so 'n aanbod van die hand wys? Ons ontmoet toe ook vir Mev Lee wat saam met Me Choi gekom het en nie lank daarna nie is ons almal toe in Mr Choi se kar en ry hy ons rond. Dit was so 'n groot seen want op daardie oomblik het dit nog gereen, en nou ja, in my haas die oggend het ek my sambreel by die huis vergeet. Daar is 'n groot "navy base" in Jinhae en net vir die fees was dit oopgestel vir die publiek. Bome in volle blom en talle seemanne in uniform - beter kombinasie is nie sommer te vinde nie.

Mr Choi stop toe by 'n monument wat opgerig is vir die soldate wat in die Koreaanse oorlog geveg het en met 'n baie groot trots wys hy toe vir ons waar sy naam in die marmer muur ingegraveer is. Van al die name op die muur is daar nog net 'n handjievol wat die voorreg het om self sy naam te kan uitwys. Daar was iets besonders aan daardie oomblik toe die soldaat - nou versteek agter baie plooie en 'n krom rug sy naam vir ons uitwys, maar terselfde tyd ook sy trotse dog effe bedroefte skrefie ogies oor die ander name laat gly. 'n Spontane oomblik van stilte...

By die stadsaal stop ons toe weer, die keer om 'n draaitjie te gaan loop en om 'n happie te geniet by een van die straat stalletjies. Die reen het intussen opgehou. Me Choi het toe vir Isabella gehelp om by 'n hotel in te boek, want sy sou die aand oorbly en ek het begin planne maak om vir Amy, Hyun-sook en Eun-kyung te ontmoet. Mr Choi het my weer voor die trein stasie gaan aflaai waar Eun-kyung vir my gewag het. (Hulle het later die dag met Hyun-sook se kar gekom).

No comments: